2012-02-27

Getallepatrone

Getallepatrone verwys na getalle waar die ontbrekende getal voorspel kan word op grond van die patroon van die gegewe getalle.

Wat het ek hier bo nou eintlik probeer sê?

Kom ek verduidelik met 'n paar voorbeelde:

1. Voltooi die volgende getallepatrone (Sien jy dat dit moontlik is om die volgende getalle te voorspel "uit te werk"?):
  • 10; 20; 30; 40; ___; ___
  • 2; 4; 8; 16; 32; ___; ___
  • 120; 105; 90; 75; ___; ___
  • 16; 17; 21; 30; 46; ___; ___
2. Verduidelik die verskil tussen 'n ry en 'n kolom:
  • 'n Ry verwys na getalle wat langs mekaar geskryf word (horisontaal).
  • Getalle wat onder mekaar geskryf word (Vertikaal) word 'n kolom genoem. 
3. Voorbeelde in 'n tabel:

n 6 23 9 16 ? 29 ?
  n + 7     13       30       ?       23       10        ?     ?
 n × 3 18 69 27 ? 9 ?    42  

4. Nog voorbeelde om seker te maak jy is op die regte pad.

b    1       2       3       4       5       6       7       8       9   
  b + 2 

5





  4b 








 3b + 5 


17




  b / 2








  5b - 4  1







  3b + 4b 





49

 46- 4b









* b/2 = b gedeel deur 2

As jy hierdie onder die knie het, is dit lekker om sulke somme te kry, want dis eintlik MAKLIK - as jy weet wat om te doen!

Vir enige bydraes of navrae, kontak my gerus:
wiskunde[at]iburst.co.za 


2012-02-21

Wiskunde Woordeskat

As jy eers hierdie woordeskat onder die knie het, gaan jy sommer baie beter die somme verstaan. Dit is so dat "woordsomme" gewoonlik as moeilik beskou word.

Dis nie dat die somme moeilik is nie, dis net dat jy gewoonlik nie verstaan wat gevra word nie.

1. Bewerkingstekens:  + (plus);   - (minus);   × (maal);   ÷ (deel)

27 + 19 = ____

212 - 88 = ____

63 × 9 = ____

1 008 ÷ 18 = ____

2. Verwantskapstekens:  gelyk aan  = ;    groter as  > ;    kleiner as  <

15   >   1,5  (15 is groter as 1,5)

3,3 km   =   3 300m  (3,3km is gelyk aan 3 300 m)

50 g   *   0,5 kg  (50 g is kleiner as 0,5 kg)

3. Terminologie: Dis belangrik dat jy die volgende baie goed ken.
  • som van / vermeerder / totaal:    + (plus)
    • Die som van 23 en 47 is?
    • Vermeerder 32 met 87.
    • Wat is die totaal van 56 en 76?
  • verskil / verminder:    - (minus)
    • Wat is die verskil tussen 24 en 69?
    • Verminder 244 met 46.
  • produk van / vermenigvuldig:    × (maal)
    • Wat is die produk van 17 en 22?
    • Vermenigvuldig 11 en 334.
  • deler / deeltal / kwosiënt:    ÷ (deel) 
    • 12 (deeltal) ÷ 3 (deler) = 4 (kwosiënt)
    • 15 (deeltal) ÷ 4 (deler) = 3 res 3 (kwosiënt)  
  • veelvoude: Getalle waarin die gevraagde getal presies kan indeel
    • V3 (veelvoude van 3): 3; 6; 9; 12; 15; 18; ....
    • V12 (veelvoude van 12):  12; 24; 36; 48; 60; 72; ....
  • faktore:  'n Heelgetal wat presies in 'n spesifieke getal indeel (sonder 'n res)
    • F8 (faktore van 8):  1; 2; 4; 8
    • F15 (faktore van 15): 1; 3; 5; 15

4. Magte: 'n Mag dui die hoeveelheid keer aan wat 'n getal met homself moet vermenigvuldig word.
  • 2² (2 tot die mag 2) beteken: 2 × 2
  • 7³ (7 tot die mag 3) beteken: 7 × 7 × 7
5. Getalle: 'n Ander woord vir syfers / nommers.
  • Natuurlike getalle (N):  1; 2; 3; 4; 5; 6; ....
  • Telgetalle (N0): 0; 1; 2; 3; 4; 5; ....
  • Heelgetalle (Z): -3; -2; -1; 0; 1; 2; 3; ....
  • Ewe getalle: 2; 4; 6; 8; 10; ....
  • Onewe getalle: 1; 3; 5; 7; 9; ....
  • Priemgetalle (alle natuurlike getalle wat slegs deelbaar deur 1 en die getal self is): 2; 3; 5; 7; 11; 13; 17; ....
  • Saamgestelde of Deelbare getalle (het meer as 2 faktore): 4; 6; 8; 9; 10; ....
  • Vierkant getalle (Die faktore is dieselfde getal met homself vermenigvuldig): 1 (1x1); 4 (2x2); 9 (3x3); 16 (4x4); ...
6. Die volgorde van bewerkings: Hierdie reël bepaal die volgorde waarin bewerkings gedoen moet word wanneer daar verskillende bewerkingstekens in een som voorkom. (BAIE BELANGRIK). Die volgorde waarin ek ek hulle hier onder neerskryf is dieselfde volgorde wat gebruik moet word om 'n probleem op te los (som te doen).

  • Hakies
  • Van
  • × en  ÷ (van links na regs: hierdie tekens is ewe belangrik en jy doen eers die een wat eerste staan)
  • + en - (van links na regs: hierdie tekens is ewe belangrik en jy doen eers die een wat eerste staan)
Voorbeeld 1:

Die som 30 ÷ 5 x 6, word as volg gedoen:

1. deel staan voor maal, daarom 30 ÷ 5 = 6
2. 6 maal 6 = 36
3. Die antwoord is dus 36!

Voorbeeld 2:

Die som 42 ÷ 6 - 2 x 3, word as volg gedoen:

1. deel staan voor maal, daarom 42 ÷ 6 = 7
2. 2 maal 3 = 6
3. 7 - 6 = 1
4. Die antwoord is dus 1! 
 
Voorbeeld 3:

Die som (12 + 4) ÷ 2 + (10 – 4) ÷ 2, word as volg gedoen:

1. eers hakies 12  + 4 = 16 en 10 - 4 = 6
2. dan deel, daarom 16 gedeel 2 = 8 en 6 gedeel 2 = 3
3. laaste die plus, daarom 8 + 3 = 11

4. Die antwoord is dus 11!

Voorbeeld 4:

Die helfte van 18 x 4 + 14 ÷ 2 = ?

1. eers die van: helfte van 18 = 9
2. Dan die maal en deel, daarom 9 x 4 = 36 en 14 ÷ 2 = 7
3. laaste die optel, 36 + 7 = 43.
4. Die antwoord is dus: 43

Wiskunde Graad 7 en Graad 8: Inleiding

Wiskunde is 'n vak waarvan daar 'n wanpersepsie bestaan.
Dit is NIE 'n vak wat jy of verstaan of nie verstaan nie.

Dis 'n vak waar daar gestudeer moet word. Die kennis wat dan aangeleer is, moet toegepas kan word.
Dit bly 'n proses van kennis inwin en kennis toepas. Dis met die toepassing, waarmee daar baie gesukkel word.

Die enigste manier waarop vaslegging werklik kan plaasvind is deur oefening en nogmaals oefening.

Dis mos egter makliker om te sê dat jy as ouer ook maar met Wiskunde gesukkel het, daarom sal jou kind seker ook sukkel.

Dis nie nodig nie. Inteendeel, jy mag dit nie toelaat nie. Gee jou kind die voorsprong deur hom addisionele oefening te gee. Hetsy deur van hierdie blog gebruik te maak, of deur hom / haar te stuur vir ekstra klasse.

Graad 7 is 'n uiters belangrike jaar, want dit is die jaar waar baie begrippe behandel word waar die basis sal wees vir hoërskool Wiskunde.
Graad 8 is net so belangrik aangesien dit die begin van die Hoërskool is. Tussen beide hierdie grade is daar heelwat oorvleueling.

Ek gaan op 'n gereelde basis leerstof uit beide die Graad 7 en Graad 8 kurrikulum behandel en bespreek asook ekstra oefeninge beskikbaar stel.

Die volgende afdelings gaan aandag kry:
  • Wiskundige woordeskat
  • Getallepatrone
  • Negatiewe getalle
  • Vergelykings en veranderklikes
  • Gewone breuke
  • Desimale breuke
  • Persentasies
  • Vorm en Ruimte
  • Omtrek, oppervlakte en volume
  • Datahantering  
 Daar's hy. Nou is ek klaar gepraat met die ouers.

Ek vertrou dit gaan 'n lekker Wiskunde jaar wees waar jy almal gaan verras met jou punte, maar belangriker nog, waar jy gaan agterkom dat Wiskunde eintlik 'n baie lekker vak is!