2012-03-22

Breuke: Om breuke van mekaar af te trek

Om breuke by mekaar te kan tel, moet jy weet wat die volgende terme beteken:

  • teller
  • noemer
  • verskil
  • vereenvoudig
Die proses om breuke van mekaar af te trek, is:
Stap 1: bepaal die verskil tussen die tellers
Stap 2: bepaal die gemeenskaplike noemer
Stap 3: skryf die verskil tussen die tellers op die gemeenskaplike noemer
Stap 4: vereenvoudig die breuk

Kom ek verduidelik aan die hand van 2 voorbeelde:

Voorbeeld 1:  712 - 412

1. teller - teller: 7 - 4 = 3

2. bepaal die gemeenskaplike noemer: 12

3. skryf die verskil tussen die tellers op die gemeenskaplike noemer: 312

4. Vereenvoudig: 312 = 14 en dit is die antwoord!

Voorbeeld 2:  79 - 19

1. teller - teller: 7 - 1 = 6

2. bepaal die gemeenskaplike noemer: 9

3. skryf die verskil tussen die tellers op die gemeenskaplike noemer: 69

4. Vereenvoudig: 69 = 23 en dit is die antwoord!

Maar wat as die noemers nie dieselfde getal is nie?

Stap 1: herlei die breuke na gelykwaardige breuke met 'n dieselfde noemer
(dis 'n ekstra stap)

Stap 2: bepaal die verskil tussen die tellers
Stap 3: bepaal die gemeenskaplike noemer
Stap 4: skryf die verskil van die tellers op die gemeenskaplike noemer
Stap 5: vereenvoudig die breuk

Voorbeeld 3:  34 - 46

1.  herlei die breuke na gelykwaardige breuke met dieselfde noemer:
 34 = 912  en  46 = 812

Eintlik is die som dan: 912 - 812

2. teller - teller: 9 - 8 = 1

3. bepaal die gemeenskaplike noemer: 12

4. skryf die verskil van die tellers op die gemeenskaplike noemer: 112

5. Vereenvoudig: 112  en dit is die antwoord! (Hy kan nie verder vereenvoudig word nie)

No comments:

Post a Comment