2012-03-22

Breuke: Die optel van breuke

Om breuke by mekaar te kan tel, moet jy weet wat die volgende terme beteken:
  • teller
  • noemer
  • som van
  • vereenvoudig
Die proses om breuke by mekaar te tel, is:

Stap 1: bepaal die som van die tellers
Stap 2: bepaal die gemeenskaplike noemer
Stap 3: skryf die som van die tellers op die gemeenskaplike noemer
Stap 4: vereenvoudig die breuk


Kom ek verduidelik aan die hand van 2 voorbeelde:

Voorbeeld 1:  35 + 45

1. teller + teller: 3 + 4 = 7

2. bepaal die gemeenskaplike noemer: 5

3. skryf die som van die tellers op die gemeenskaplike noemer: 75

4. Vereenvoudig: 75 = 1 25 en dit is die antwoord!

Voorbeeld 2:  57 + 47

1. teller + teller: 3 + 4 = 7

2. bepaal die gemeenskaplike noemer: 7

3. skryf die som van die tellers op die gemeenskaplike noemer: 97

4. Vereenvoudig: 97 = 1 27 en dit is die antwoord!

Maar wat as die noemers nie dieselfde getal is nie?

Stap 1: herlei die breuke na gelykwaardige breuke met 'n dieselfde noemer
(dis 'n ekstra stap)

Stap 2: bepaal die som van die tellers
Stap 3: bepaal die gemeenskaplike noemer
Stap 4: skryf die som van die tellers op die gemeenskaplike noemer
Stap 5: vereenvoudig die breuk


Voorbeeld 3:  34 + 46

1.  herlei die breuke na gelykwaardige breuke met dieselfde noemer:
 34 = 912  en  46 = 812

Eintlik is die som dan: 912 + 812

2. teller + teller: 9 + 8 = 17

3. bepaal die gemeenskaplike noemer: 12

4. skryf die som van die tellers op die gemeenskaplike noemer: 1712

5. Vereenvoudig: 1712 = 1 512 en dit is die antwoord! 

 





No comments:

Post a Comment