2012-03-22

Breuke: Vermenigvuldiging van breuke

Om breuke te vermenigvuldig met mekaar, moet jy weet wat die volgende terme beteken:
  • teller
  • noemer
  • produk van
  • vereenvoudig
Die proses om breuke met mekaar te vermenigvuldig, is:

Stap 1: vermenigvuldig die tellers met mekaar
Stap 2: vermenigvuldig die noemers met mekaar
Stap 3: skryf die produk van tellers op die produk van die noemers
Stap 4: vereenvoudig die breuk

Kom ek verduidelik aan die hand van 2 voorbeelde:

Voorbeeld 1:  36  x  45

1. teller x teller: 3 x 4 = 12

2. noemer x noemer: 6 x 5 = 30

3. skryf die produk van die tellers op die produk van die noemers: 1230

4. Vereenvoudig: 1230 = 25 en dit is die antwoord!

Voorbeeld 2:  57  x  46

1. teller x teller: 5 x 4 = 20


2. noemer x noemer: 7 x 6 = 42


3. skryf die produk van die tellers op die produk van die noemers: 2042


4. Vereenvoudig: 2042 = 1021 en dit is die antwoord!


No comments:

Post a Comment