2012-03-23

Breuke: Om breuke te deel

Om breuke te vermenigvuldig met mekaar, moet jy weet wat die volgende terme beteken:

  • teller
  • noemer
  • deler / deeltal en kwosiĆ«nt
  • produk van
  • vereenvoudig
Die proses om breuke met mekaar te deel, is soos vermenigvuldig maar met een ekstra stap:
Stap 1: Bepaal die resiprook van die deler
Stap 2: vermenigvuldig die tellers met mekaar (van hier af is dit normale vermenigvuldiging)
Stap 3: vermenigvuldig die noemers met mekaar
Stap 4: skryf die produk van tellers op die produk van die noemers
Stap 5: vereenvoudig die breuk

Kom ek verduidelik aan die hand van 2 voorbeelde:

Voorbeeld 1:  36 ÷ 54

1. Die deler is 54. Die resiprook (omgekeerde) van 54 is 45

Effektief raak die som nou:  36 x 45

2. teller x teller: 3 x 4 = 12

3. noemer x noemer: 6 x 5 = 30

4. skryf die produk van die tellers op die produk van die noemers: 1230

5. Vereenvoudig: 1230 = 25 en dit is die antwoord!

Voorbeeld 2:  57  ÷  64

1.  1. Die deler is 64. Die resiprook (omgekeerde) van 64 is 46

Effektief raak die som nou:  57  x  46

2. teller x teller: 5 x 4 = 20

3. noemer x noemer: 7 x 6 = 42

4. skryf die produk van die tellers op die produk van die noemers: 2042

5. Vereenvoudig: 2042 = 1021 en dit is die antwoord!

Dis maar net 'n kwessie van oefen en oefen.

No comments:

Post a Comment