2012-03-23

Breuke: Om breuke te deel

Om breuke te vermenigvuldig met mekaar, moet jy weet wat die volgende terme beteken:

  • teller
  • noemer
  • deler / deeltal en kwosiĆ«nt
  • produk van
  • vereenvoudig
Die proses om breuke met mekaar te deel, is soos vermenigvuldig maar met een ekstra stap:
Stap 1: Bepaal die resiprook van die deler
Stap 2: vermenigvuldig die tellers met mekaar (van hier af is dit normale vermenigvuldiging)
Stap 3: vermenigvuldig die noemers met mekaar
Stap 4: skryf die produk van tellers op die produk van die noemers
Stap 5: vereenvoudig die breuk

Kom ek verduidelik aan die hand van 2 voorbeelde:

Voorbeeld 1:  3⁄6 ÷ 5⁄4

1. Die deler is 5⁄4. Die resiprook (omgekeerde) van 5⁄4 is 4⁄5

Effektief raak die som nou:  3⁄6 x 4⁄5

2. teller x teller: 3 x 4 = 12

3. noemer x noemer: 6 x 5 = 30

4. skryf die produk van die tellers op die produk van die noemers: 12⁄30

5. Vereenvoudig: 12⁄30 = 2⁄5 en dit is die antwoord!

Voorbeeld 2:  5⁄7  ÷  6⁄4

1.  1. Die deler is 6⁄4. Die resiprook (omgekeerde) van 6⁄4 is 4⁄6

Effektief raak die som nou:  5⁄7  x  4⁄6

2. teller x teller: 5 x 4 = 20

3. noemer x noemer: 7 x 6 = 42

4. skryf die produk van die tellers op die produk van die noemers: 20⁄42

5. Vereenvoudig: 20⁄42 = 10⁄21 en dit is die antwoord!

Dis maar net 'n kwessie van oefen en oefen.

No comments:

Post a Comment