2012-03-28

Breuke: Vereenvoudig

Om breuke te vereenvoudig, beteken dat jy die breuk in sy eenvoudigste vorm moet kan neerskryf.

Hoe vereenvoudig ek 'n breuk?

Kry 'n gemene faktor (dit moet dieselfde getal wees) wat in beide die teller en die noemer kan indeel. 
Laat ek verduidelik aan die hand van 'n voorbeeld waar ek die volgende breuk wil vereenvoudig:  6⁄12

 6 ÷ 2  (2 is 'n faktor van 6)
12÷ 2 (2 is 'n faktor van 12)
is gelyk aan: 3⁄6

Maar daar is nog 'n gemene faktor vir die teller en noemer, nl. 3

3 ÷ 3 (3 is 'n faktor van 3)
6 ÷ 3 (3 is 'n faktor van 6)
is gelyk aan: 1⁄2

Daarom kan ons sĂȘ 6⁄12 in sy eenvoudigste vorm, as 1⁄2 geskryf kan word!!
















12⁄16 = ___ 5⁄10 = ___ 3⁄15 = ___ 20⁄30 = ___ 16⁄20 = ___
6⁄9 = ___ 20⁄25 = ___ 2⁄8 = ___ 10⁄15 = ___ 8⁄12 = ___
10⁄20 = ___ 30⁄50 = ___ 12⁄15 = ___ 15⁄25 = ___ 9⁄99 = ___
28⁄63 = ___ 30⁄42 = ___ 72⁄81 = ___ 35⁄49 = ___ 40⁄88 = ___

No comments:

Post a Comment