Showing posts with label tafels. Show all posts
Showing posts with label tafels. Show all posts

2012-09-17

Aanlyn Wiskunde speletjies

Soos ek op die uitkyk is vir hulpmiddels wat kan bydrae tot jou vordering, sien ek gedurig oulike speletjies.
Ek sal vir jou 'n paar skakels hier opsit wat jy kan gebruik om jou basiese vaardighede op te skerp.

Ek hoop jy geniet dit. Klik op die foto om na die bladsy te gaan.

Tafels


Hoe werk dit:
  1. Kies die tafel wat jy wil oefen.
  2. Sodra die spel begin, moet jy die antwoord raak skiet voordat die lyn met antwoorde by jou kom.
_______________________________________________________________
Lang Deelsomme


Hoe werk dit:
  1. Jy kies hoe moeilik jy die vraag wil hê.
  2. Jy doen die som wat gegee word en tik die antwoord in.
  3. Kontroleer of jou antwoord reg of verkeed is.
________________________________________________________________









2012-06-07

Tafels

Ai tog. Moet ek dan nou regtig oor tafels praat?

Ja!!!!! Jy moet jou tafels ken. Nie net ken nie, maar BAIE goed ken.
Om Wiskunde te doen sonder om jou tafels te ken, is so goed om rugby of netbal met 'n pap bal te speel. Jy kan nog speel, maar dis nie so lekker nie.

Kom ek gee vir jou 'n manier waarop jy dit kan leer en die leerdery sal geniet.
Dit is die vermenigvuldigings tabel. Ken jy hom?

So werk hy:
Kyk na die RY waar 3 staan. (Ons gaan van links na regs werk.)
3x2=6; 3x4=12; 3x6=18; 3x8=24; 3x12=36
Die syfer aan die begin van die ry MAAL die syfer bo aan die kolom

Kyk nou na die RY waar 9 staan:
9x2=18; 9x4=36; 9x6=54; 9x8=72; 9x12=108Die syfer aan die begin van die ry MAAL die syfer bo aan die kolom



'n Ry lees jy van links na regs.

'n Kolom word van bo na onder gelees.
Soos enige ander speletjie, is daar reëls en hier is hulle:

  1. Gebruik 'n tabel met 5 kolomme en 6 rye (30 somme)
  2. Stel 'n stophorlosie (maks 3 min en al hoe korter soos wat jy verbeter)
  3. Maak die tabel moeiliker elke keer wat jy een opstel (ek sal voorbeelde hier onder gee)
  4. Geniet dit en ruil tabelle met vriende uit
Hier onder is tabelle wat geleidelik al hoe moeiliker raak:

Tabel A
Die syfers in die rye en kolomme (Tabel A) loop nie van groot na klein nie, maar is gemeng.

Hier onder (Tabel B) het ek weer veelvoude van 10 bygesit.
Wat jy moet weet:
40x7=7x40=7x4x10=280 of
7x60=7x6x10=420
Tabel B
Tabel C
In Tabel C het ek bekende getalle gesit en of 1 bygetel of afgetrek.
Wat moet jy weet:
6x41= (6x40) + (6x1) = 246 of
6x19= (6x20) - (6x1) = 114
Tabel D
In Tabel D het ek bekende getalle gesit en 5 bygevoeg (of afgetrek)
Wat bedoel ek: 35=30+5 of 35=40-5
Wat moet jy weet:
5x35= (5x30) + (5x5) = 175

Sien jy hoe mens al hoe moeiliker kan gaan.
Onthou dat jy nog steeds moet kyk of jy dit binne 3 minute kan doen!!!