Ai tog. Moet ek dan nou regtig oor tafels praat?
Ja!!!!! Jy moet jou tafels ken. Nie net ken nie, maar BAIE goed ken.
Om Wiskunde te doen sonder om jou tafels te ken, is so goed om rugby of netbal met 'n pap bal te speel. Jy kan nog speel, maar dis nie so lekker nie.
Kom ek gee vir jou 'n manier waarop jy dit kan leer en die leerdery sal geniet.
Dit is die vermenigvuldigings tabel. Ken jy hom?
So werk hy:
Kyk na die RY waar 3 staan. (Ons gaan van links na regs werk.)
3x2=6; 3x4=12; 3x6=18; 3x8=24; 3x12=36
Die syfer aan die begin van die ry MAAL die syfer bo aan die kolom
Kyk nou na die RY waar 9 staan:
9x2=18; 9x4=36; 9x6=54; 9x8=72; 9x12=108Die syfer aan die begin van die ry MAAL die syfer bo aan die kolom
Soos enige ander speletjie, is daar reƫls en hier is hulle:
Die syfers in die rye en kolomme (Tabel A) loop nie van groot na klein nie, maar is gemeng.
Hier onder (Tabel B) het ek weer veelvoude van 10 bygesit.
Wat jy moet weet:
40x7=7x40=7x4x10=280 of
7x60=7x6x10=420
In Tabel D het ek bekende getalle gesit en 5 bygevoeg (of afgetrek)
Wat bedoel ek: 35=30+5 of 35=40-5
Wat moet jy weet:
5x35= (5x30) + (5x5) = 175
Sien jy hoe mens al hoe moeiliker kan gaan.
Onthou dat jy nog steeds moet kyk of jy dit binne 3 minute kan doen!!!
Ja!!!!! Jy moet jou tafels ken. Nie net ken nie, maar BAIE goed ken.
Om Wiskunde te doen sonder om jou tafels te ken, is so goed om rugby of netbal met 'n pap bal te speel. Jy kan nog speel, maar dis nie so lekker nie.
Kom ek gee vir jou 'n manier waarop jy dit kan leer en die leerdery sal geniet.
Dit is die vermenigvuldigings tabel. Ken jy hom?
So werk hy:
Kyk na die RY waar 3 staan. (Ons gaan van links na regs werk.)
3x2=6; 3x4=12; 3x6=18; 3x8=24; 3x12=36
Die syfer aan die begin van die ry MAAL die syfer bo aan die kolom
Kyk nou na die RY waar 9 staan:
9x2=18; 9x4=36; 9x6=54; 9x8=72; 9x12=108Die syfer aan die begin van die ry MAAL die syfer bo aan die kolom
'n Ry lees jy van links na regs. |
'n Kolom word van bo na onder gelees. |
- Gebruik 'n tabel met 5 kolomme en 6 rye (30 somme)
- Stel 'n stophorlosie (maks 3 min en al hoe korter soos wat jy verbeter)
- Maak die tabel moeiliker elke keer wat jy een opstel (ek sal voorbeelde hier onder gee)
- Geniet dit en ruil tabelle met vriende uit
Die syfers in die rye en kolomme (Tabel A) loop nie van groot na klein nie, maar is gemeng.
Hier onder (Tabel B) het ek weer veelvoude van 10 bygesit.
Wat jy moet weet:
40x7=7x40=7x4x10=280 of
7x60=7x6x10=420
Tabel C |
In Tabel C het ek bekende getalle gesit en of 1 bygetel of afgetrek.
Wat moet jy weet:
6x41= (6x40) + (6x1) = 246 of
6x19= (6x20) - (6x1) = 114
Tabel D |
Wat bedoel ek: 35=30+5 of 35=40-5
Wat moet jy weet:
5x35= (5x30) + (5x5) = 175
Sien jy hoe mens al hoe moeiliker kan gaan.
Onthou dat jy nog steeds moet kyk of jy dit binne 3 minute kan doen!!!
No comments:
Post a Comment