2012-05-15

Desimale breuke

Wanneer jy met desimale breuke werk, is dit belangrik om te weet dat die desimale manier van tel, verwys na ene, tiene en tiendes asook veelvoude daarvan.
Huh! Wat het ek nou gesĂȘ?

Kom ek verduidelik aan die hand van die volgende:
154 is mos EEN honderd + VYF Tiene + 4 ene.

Of ek kan dit ook so skryf:
154 = 100 + 50 + 4

As ek egter die getal 6,78 skryf, sien ek die volgende:
Ewe skielik is daar syfers na die komma en jy moet weet dat hierdie syfers KLEINER as 1 is.
6,78 = SES ene + SEWE tiendes + AGT honderstes

Of ek skryf dit so:
6,78 = 6 + 0,7+ 0, 08

Plekwaardes in die desimale stelsel
 Getal               
H
T
E
 , 
24 

2 4 , 0

739 
7 3 9 , 0

2,5


2 , 5

14,97 

1 4 , 9 7
3,05


3 , 0 5
0,257 


0 , 2 5 7
213,617
2 1 3 , 6 1 7

H - Honderde     T - Tiene            E - Ene
t - tiendes           h - honderstes     d - duisendstes

Wat is 'n tiende?

'n Tiende is gelyk aan 110, m.a.w 1 ÷ 10 = 0,1

Vraag:
Skryf vier tiendes as 'n breuk en as 'n desimale getal.

Antwoord:
Breuk - 410
Desimale getal - 0,4
As jy met tiendes werk, moet daar EEN syfer na die komma wees.

Wat is 'n honderdste?

'n Honderste is gelyk aan 1100, m.a.w 1 ÷ 100 = 0,01

Vraag:
Skryf 46 honderdstes as 'n breuk en as 'n desimale getal.

Antwoord:
Breuk - 46100
Desimale getal - 0,46

Strikvraag:
Vraag:
Skryf 6 honderdstes as 'n breuk en as 'n desimale getal.

Antwoord:
Breuk - 6100
Desimale getal - 0,06 (NB - wees op die uitkyk hiervoor!)
As jy werk met honderdstes, moet daar TWEE syfers na die komma wees.

Wat is 'n duisendste?

'n Duisendste is gelyk aan 11000, m.a.w 1 ÷ 1000 = 0,001

Vraag:
Skryf 46 duisendstes as 'n breuk en as 'n desimale getal.

Antwoord:
Breuk - 461000
Desimale getal - 0,046

Strikvraag:
Vraag:
Skryf 9 duisendstes as 'n breuk en as 'n desimale getal.

Antwoord:
Breuk - 91000
Desimale getal - 0,009 (NB - wees op die uitkyk hiervoor!)
As jy werk met duisendstes, moet daar DRIE syfers na die komma wees.

 

No comments:

Post a Comment