2012-05-25

Desimale Breuke: Optel en Aftrek

Die optel en aftrek van breuke is presies dieselfde as wanneer jy dit met heelgetalle doen.
Baie belangrik egter is om te onthou om tiene by tiene, ene by ene, tiendes by tiendes, ens. op te tel.

M.a.w jy moet in jou gedagtes van die plekwaardetabel gebruik maak. Ek gaan egter in die volgende voorbeelde die werklike tabel gebruik om dit goed te illustreer:

1. 4,16 + 7,01 = 11,17

  H    T     E       ,       t      h   


 4  ,   1  6


 7  ,   0  1

1 1  ,  1 7

H - Honderde  T - Tiene     E - Ene    t - tiendes     h - honderstes
2. 12,23 + 1,14 + 98,87 = 113, 24

  H    T     E      ,       t      h   

1  2 ,   2  3


 1 ,   1  4

9 8 ,  8 7
1 1 2 ,  2 4

H - Honderde  T - Tiene     E - Ene    t - tiendes     h - honderstes
3. 134,28 - 65,52 = 68,76

  H    T     E       ,       t      h   
1 3  4  ,   2  8

6  5  ,   5  2

6 8  ,  7 6

H - Honderde  T - Tiene     E - Ene    t - tiendes     h - honderstes
Wat is belangrik met die optel en aftrek van desimale breuke?
  • werk netjies
  • skryf getalle met dieselfde plekwaarde onder mekaar
  • onthou dis gewone optel en aftrek
Hier onder is nog 'n paar somme wat jy op jou eie kan doen:

1. 145,76 + 32,02 + 14,55 =
2. 11,30 + 115,77 + 76,66 =
3. 232,45 - 143,42 =
4. 543,23 - (34,54 + 127,87) =

Kontroleer jou antwoorde met 'n sakrekenaar - nee net kontroleer. Doen dit eers sonder die sakrekenaar. :-)

No comments:

Post a Comment