2012-03-01

Pret met getalpatrone

1. Neem enige getal tussen 12 en 20
  • Vermenigvuldig die getal met 6
  • Tel 18 by
  • Deel die antwoord deur 6
  • Trek die oorspronklike getal af
Wat is die antwoord?_____

Kies 'n ander getal tussen 12 en 20 en doen dieselfde berekeninge.

Wat is die antwoord?_____

Sien jy 'n patroon?

2. Kies enige getal
  • Tel die volgende natuurlike getal by (m.a.w tel die getal +1 by)
  • Tel 11 by
  • Halveer die antwoord
  • Trek die oorsrponklike getal af
Wat is jou antwoord? ____

Kies 'n ander getal en doen dieselfde berekening.

Wat is jou antwoord? ____

Sien jy 'n patroon?


3. Kyk na die sakrekenaar en doen die volgende berekeninge:

  • Trek die 2de ry syfers van die eerste ry af: 789 - 456 = ___
  • Trek die 3rde ry van die 2de ry af: 456 - 123 = ____
  • Begin weer met die 1ste ry minus die 2de ry, maar werk van agter af: 987 - 654 = ___
  • Trek die 2de kolom syfers van die 3de kolom af: 963 - 852 = ___
  • Trek die 1ste kolom van die 2de kolom af: 852 - 741 = ____
  • Begin weer met die 1ste kolom minus die 2de kolom, maar werk van onder af: 369 - 258 = ___
Sien jy die patroon?

4. Die 9 maal tafel:

9 X 1   = 9
9 X 2   = 18 tel nou die 2 syfers bymekaar: 1 + 8 = 9
9 X 3   = ___ tel nou die 2 syfers bymekaar: ___ + ___ = ___
9 X 4   = ___ tel nou die 2 syfers bymekaar: ___ + ___ = ___
9 X 5   = ___ tel nou die 2 syfers bymekaar: ___ + ___ = ___
9 X 6   = ___ tel nou die 2 syfers bymekaar: ___ + ___ = ___
9 X 7   = ___ tel nou die 2 syfers bymekaar: ___ + ___ = ___
9 X 8   = ___ tel nou die 2 syfers bymekaar: ___ + ___ = ___
9 X 9   = ___ tel nou die 2 syfers bymekaar: ___ + ___ = ___
9 X 10 = ___ tel nou die 2 syfers bymekaar: ___ + ___ = ___

5. Kom ons doen dieselfde met groter getalle en die 9 maal tafel:

9 X 24   = 216 tel nou die 3 syfers bymekaar: 2 + 1 +6 = 9
9 X 25   = ___ tel nou die 3 syfers bymekaar: ___ + ___ + ___= ___
9 X 26   = ___ tel nou die 3 syfers bymekaar: ___ + ___ + ___= ___
9 X 27   = ___ tel nou die 3 syfers bymekaar: ___ + ___ + ___= ___
9 X 28   = ___ tel nou die 3 syfers bymekaar: ___ + ___ + ___= ___


6. Doen nou 'n paar met die sakrekenaar en kyk of jy 'n patroon kan sien.

7. Nou kan ons moontlik aan 'n reel begin dink, maar kom ons kyk of dit altyd gebruik kan word (raai eers voordat jy die antwoord uitwerk).
Watter van die volgende getalle is deelbaar deur 9?



 333   549  654  837   432  771  522 
  JA     ✓                                            
 NEE                                                

As die som van die syfers van 'n getal deelbaar deur 9 is, is daardie getal deelbaar deur 9.
 

8. Iets ouliks

No comments:

Post a Comment