2012-07-24

Sirkels - Algemene Terme

Voordat ons verder met sirkels kan werk, is daar 'n paar terme wat jy eenvoudig moet ken.
So hier onder het ek 'n paar sirkels met die terme wat op hul van toepassing is.

'n Middellyn verdeel 'n sirkel in twee ewe groot helftes.



 AB en CD is middelyne.



Die middelpunt van 'n sirkel, is waar twee middellyne kruis.


'n Straal (Radius) van 'n sirkel is 'n lyn vanaf die middelpunt (O) na die boog van die sirkel.

 

Lyne CD en AB word 'n Koord genoem.


Koord AB verdeel die sirkel in Boog AHB (Kleinboog). (Die res van die boog word 'n Grootboog genoem)

'n Sektor word begrens deur 2 radiusse (strale) en 1 boog.

'n Segment word begrens deur 'n koord en 'n boog.


Konsentriese sirkels het dieselfde middelpunte, maar verskillende radiusse (strale).

Hierdie sirkels raak inwendig.



 

Hierdie sirkels raak uitwendig.


No comments:

Post a Comment