2012-06-12

Heelgetalle

Heelgetalle kan soos volg ingedeel word:

 <<...   -5  -4  -3  -2  -1  0  1  2  3  4  5   ...>>    (getallelyn)

Negatiewe heelgetalle
nul
Positiewe heelgetalle

Optel van Heelgetalle

'n Paar riglyne rondom optel van heelgetalle:

a. Hoe verder links jy beweeg op die getallelyn, hoe kleiner is die getal, bv.
  1. 1 is kleiner as 5
  2. -2 is kleiner as 1
  3. -5 is kleiner as -4
b. Hoe verder regs jy beweeg op die getallelyn, hoe groter word die getal, bv.
  1. 3 is groter as 1
  2. 1 is groter -3
  3. -3 is groter as -5
c. Wanneer jy 2 positiewe getalle bymekaar tel, kry jy 'n positiewe antwoord, bv.
  1. 5 + 8 = +13, maar ons skryf net 13
  2. 23 + 11 = 34
d. As jy 2 negatiewe getalle bymekaar tel, bly die antwoord negatief, bv.
  1. (-3) + (-5) =  -8
  2. (-12) + (-6) = -18
d. As jy 'n negatiewe getal by 'n positiewe getal tel, kry die antwoord die teken van die grootste syfer, bv. [nb! grootste syfer beteken nie grootste getal nie]
  1. 16 + (-7) = 9 (16 was die grootste syfer en was positief - die antwoord bly positief)
  2. 8 + (-21) =  -13 (21 was die grootste syfer - die antwoord word dus negatief)
Oefening:

Watter getal is die grootste:
-34 * 13
-12 * -15

Tel op:
-4 + (-5) =
23 + (-34) =
-5 + (-4) + (-21) =



No comments:

Post a Comment