2012-03-05

Negatiewe Getalle

Wat is 'n negatiewe getal?

'n Negatiewe getal is 'n nommer met 'n minus teken voor hom.

Kyk na hierdie getallelyn:

   -10  -9  -8  -7  -6  -5  -4  -3  -2  -1  0  1  2  3  4  5  6  7  8  9  10   

Die getalle raak al hoe kleiner hoe verder jy na links beweeg en al hoe groter hoe verder jy na regs beweeg. (   <  links en regs >)

Die getal -5 is dus 5 minder as 0 en -2 grade Celsius beteken dit is 2 grade kleiner as nul (vriespunt).

Bereken nou die antwoorde van die volgende somme:
  1. 12 + (-5) + 3 + (-6) = ____
  2. -9 + (-6) + 23 = ____
Watter getal is die kleinste:
  1. -10 of -6
  2. -1 of -5
 Rangskik die getalle van klein na groot:
  1. 22; 45; -12; 76; -9
  2. 1009; -567; 987; -232
 Watter getal is:
  1. 7 kleiner as -2
  2. 12 kleiner as 5
  3. 21 kleiner as 19
Bereken die volgende:

Pieter het by die Stormsrviermond 'n reksprong gaan doen (bungy jump). Die rivier is 216 meter onder die brug (-216m).  Met die sprong het die water geraak en die rek het hom 27 m terug die lug ingeskiet. Hoe ver het hy onder die brug gaan draai, toe die rek hom teruggeskiet het? ____





Kontak my gerus vir enige navrae of artikel bydraes:
Danny Jacobs
wiskunde[at]iburst.co.za



No comments:

Post a Comment