2012-09-17

Deelbaarheidstoetse


Hierdie is 'n paar wenke om vinnig te sien of 'n getal deelbaar is deur 'n ander getal.

Is 24 deelbaar deur 6? 
(Met deelbaar, bedoel ek dat dit moet deelbaar wees sonder 'n res!)

Ja 24 ÷ 6 = 4, m.a.w. 24 is deelbaar deur 6.

Is 23 456 deelbaar deur 2. Dis mos moeiliker ne?
Die antwoord is ja, 23 456 is deelbaar deur 2, want dis ‘n ewe getal.

Die deelbaarheids toets vir 2:

1. ‘n Getal is deelbaar deur 2 as dit ‘n ewe getal is.

2. ‘n Getal is deelbaar deur 2 as die laaste syfers van die getal gelyk is aan 0, 2, 4, 6, 8.

Is die volgende getalle deelbaar deur 2?

  • 348 – ja, want 8 is ‘n ewe getal
  • 22 670 – ja, want  70 is ‘n ewe getal
Die deelbaarheids toets vir 5:

‘n Getal is deelbaar deur 5 as die laaste syfers gelyk is aan 0 of 5.

Is die volgende getalle deelbaar deur 5?

  • 225 – ja, want die laaste syfer is ‘n 5.
  • 12 450 – ja, want die laaste syfer is ‘n 0.
  • 3 457 – nee, want die laaste syfer is ‘n 7.
Die deelbaarheidstoets vir 10:

‘n Syfer is deelbaar deur 10 as die laaste syfer ‘n 0 is

Is die volgende getal deelbaar deur 10?

  • 340 – ja, want die laaste syfer is ‘n 0.
  • 23 345 560 – ja, want die laaste syfer is ‘n 0.
  • 56 238 – nee, want die laaste syfer is nie ‘n 0 nie.
VASLEGGING

  • Is 568 deelbaar deur 2?
  • Is 34 560 deelbaar deur 10?
  • Is 55 320 deelbaar deur 5?
  • Is 896 deelbaar deur 2?
  • Is 21 899 Deelbaar deur 5?
  • Is 45 678 902 deelbaar deur 10? 
Die deelbaarheidstoets vir 3:

'n Getal is deelbaar deur 3 as die som van sy syfers deelbaar is deur 3. Kom weer!

Is 2 547 deelbaar deur 3?

  1. Kry die som van die syfers: 2 + 5 + 4 + 7 = 18
  2. 18 (die som van sy syfers) is deelbaar deur 3, want 18 ÷ 3 = 6
  3. 2 547 is dus deelbaar deur 3.
Is die volgende getalle deelbaar deur 3?
  • 198 - ja, want 1 + 9 + 8 = 18 en 18 is deelbaar deur 3.
  • 3 582 - ja, want 3 + 5 + 8 + 2 = 18 en 18 is deelbaar deur 3.
  • 56 628 - ja, want 5 + 6 + 6 + 2 + 8 = 27 en 27 is deelbaar deur 3. 

No comments:

Post a Comment