Wanneer jy met desimale breuke werk, is dit belangrik om te weet dat die desimale manier van tel, verwys na ene, tiene en tiendes asook veelvoude daarvan.
Huh! Wat het ek nou gesĂȘ?
Plekwaardes in die desimale stelsel
Huh! Wat het ek nou gesĂȘ?
Kom ek verduidelik aan die hand van die volgende:
154 is mos EEN honderd + VYF Tiene + 4 ene.
Of ek kan dit ook so skryf:
154 = 100 + 50 + 4
As ek egter die getal 6,78 skryf, sien ek die volgende:
Ewe skielik is daar syfers na die komma en jy moet weet dat hierdie syfers KLEINER as 1 is.
6,78 = SES ene + SEWE tiendes + AGT honderstes
Of ek skryf dit so:
6,78 = 6 + 0,7+ 0, 08
Plekwaardes in die desimale stelsel
Getal
|
H
|
T
|
E
|
,
|
t
|
h
|
d
|
24
|
2 | 4 | , | 0 | |||
739
|
7 | 3 | 9 | , | 0 | ||
2,5
|
2 | , | 5 | ||||
14,97
|
1 | 4 | , | 9 | 7 | ||
3,05
|
3 | , | 0 | 5 | |||
0,257
|
0 | , | 2 | 5 | 7 | ||
213,617
|
2 | 1 | 3 | , | 6 | 1 | 7 |
H - Honderde T - Tiene E - Ene
t - tiendes h - honderstes d - duisendstes
Wat is 'n tiende?
'n Tiende is gelyk aan 1⁄10, m.a.w 1 ÷ 10 = 0,1
Vraag:
Skryf vier tiendes as 'n breuk en as 'n desimale getal.
Antwoord:
Breuk - 4⁄10
Desimale getal - 0,4
As jy met tiendes werk, moet daar EEN syfer na die komma wees.
Wat is 'n honderdste?
'n Honderste is gelyk aan 1⁄100, m.a.w 1 ÷ 100 = 0,01
Vraag:
Skryf 46 honderdstes as 'n breuk en as 'n desimale getal.
Antwoord:
Breuk - 46⁄100
Desimale getal - 0,46
Strikvraag:
Vraag:
Skryf 6 honderdstes as 'n breuk en as 'n desimale getal.
Antwoord:
Breuk - 6⁄100
Desimale getal - 0,06 (NB - wees op die uitkyk hiervoor!)
As jy werk met honderdstes, moet daar TWEE syfers na die komma wees.
Wat is 'n duisendste?
'n Duisendste is gelyk aan 1⁄1000, m.a.w 1 ÷ 1000 = 0,001
Vraag:
Skryf 46 duisendstes as 'n breuk en as 'n desimale getal.
Antwoord:
Breuk - 46⁄1000
Desimale getal - 0,046
Strikvraag:
Vraag:
Skryf 9 duisendstes as 'n breuk en as 'n desimale getal.
Antwoord:
Breuk - 9⁄1000
Desimale getal - 0,009 (NB - wees op die uitkyk hiervoor!)
As jy werk met duisendstes, moet daar DRIE syfers na die komma wees.
No comments:
Post a Comment