Wat is 'n breuk
Die boonste getal (1) vertel vir ons na hoeveel gedeeltes ons verwys en die onderste getal (3) sê in hoeveel die geheel verdeel is.
Ek verduidelik verder aan die hand van die volgende:
Almal ewe groot is. Hulle is dus gelykwaardige breuke.
Hoe vereenvoudig ek 'n breuk?
Daarom kan ons sê 6⁄12 ekwivalent aan 3⁄6 is, maar ook ekwivalent aan 1⁄2 is!!
'n Breuk verwys na 'n gedeelte van 'n geheel. Een Derde sal verwys na 1 deel van 3 gelyke dele. So word 'n derde geskryf:
1 < ----- Teller
3 < ----- Noemer
1 < ----- Teller
3 < ----- Noemer
- 1 is dus die teller
- 3 is die noemer
- hierdie breuk beteken 1 ÷ 3
- ons lees een derde
Ek verduidelik verder aan die hand van die volgende:
|
In hierdie grafiek, is vier (teller) sesdes (noemer) ingekleur.
Gelykwaardige / Ekwivalente Breuke
Gelykwaardige breuke is breuke wat se waarde is ewe veel is en hulle is ewe groot.
Kyk na die gedeeltes hier bo wat blou gekleur is, dan sien jy dat die breuke:
1 ; 2 ; 4 ; 5 ; 6
2 4 8 10 12
Almal ewe groot is. Hulle is dus gelykwaardige breuke.
Hoe vereenvoudig ek 'n breuk?
Kry 'n gemene faktor (dit moet dieselfde getal wees) wat in beide die teller en die noemer kan indeel.
Laat ek verduidelik aan die hand van 'n voorbeeld waar ek die volgende breuk wil vereenvoudig: 6⁄12
6 ÷ 2 (2 is 'n faktor van 6)
12÷ 2 (2 is 'n faktor van 12)
is gelyk aan:
3⁄6
Maar daar is nog 'n gemene faktor vir die teller en noemer, nl. 3
3 ÷ 3 (3 is 'n faktor van 3)
6 ÷ 3 (3 is 'n faktor van 6)
is gelyk aan: 1⁄2
Daarom kan ons sê 6⁄12 ekwivalent aan 3⁄6 is, maar ook ekwivalent aan 1⁄2 is!!
No comments:
Post a Comment