2012-03-22

Breuke: Om breuke van mekaar af te trek

Om breuke by mekaar te kan tel, moet jy weet wat die volgende terme beteken:

  • teller
  • noemer
  • verskil
  • vereenvoudig
Die proses om breuke van mekaar af te trek, is:
Stap 1: bepaal die verskil tussen die tellers
Stap 2: bepaal die gemeenskaplike noemer
Stap 3: skryf die verskil tussen die tellers op die gemeenskaplike noemer
Stap 4: vereenvoudig die breuk

Kom ek verduidelik aan die hand van 2 voorbeelde:

Voorbeeld 1:  7⁄12 - 4⁄12

1. teller - teller: 7 - 4 = 3

2. bepaal die gemeenskaplike noemer: 12

3. skryf die verskil tussen die tellers op die gemeenskaplike noemer: 3⁄12

4. Vereenvoudig: 3⁄12 = 1⁄4 en dit is die antwoord!

Voorbeeld 2:  7⁄9 - 1⁄9

1. teller - teller: 7 - 1 = 6

2. bepaal die gemeenskaplike noemer: 9

3. skryf die verskil tussen die tellers op die gemeenskaplike noemer: 6⁄9

4. Vereenvoudig: 6⁄9 = 2⁄3 en dit is die antwoord!

Maar wat as die noemers nie dieselfde getal is nie?

Stap 1: herlei die breuke na gelykwaardige breuke met 'n dieselfde noemer
(dis 'n ekstra stap)

Stap 2: bepaal die verskil tussen die tellers
Stap 3: bepaal die gemeenskaplike noemer
Stap 4: skryf die verskil van die tellers op die gemeenskaplike noemer
Stap 5: vereenvoudig die breuk

Voorbeeld 3:  3⁄4 - 4⁄6

1.  herlei die breuke na gelykwaardige breuke met dieselfde noemer:
 3⁄4 = 9⁄12  en  4⁄6 = 8⁄12

Eintlik is die som dan: 9⁄12 - 8⁄12

2. teller - teller: 9 - 8 = 1

3. bepaal die gemeenskaplike noemer: 12

4. skryf die verskil van die tellers op die gemeenskaplike noemer: 1⁄12

5. Vereenvoudig: 1⁄12  en dit is die antwoord! (Hy kan nie verder vereenvoudig word nie)

No comments:

Post a Comment