2012-03-22

Breuke: Die optel van breuke

Om breuke by mekaar te kan tel, moet jy weet wat die volgende terme beteken:
  • teller
  • noemer
  • som van
  • vereenvoudig
Die proses om breuke by mekaar te tel, is:

Stap 1: bepaal die som van die tellers
Stap 2: bepaal die gemeenskaplike noemer
Stap 3: skryf die som van die tellers op die gemeenskaplike noemer
Stap 4: vereenvoudig die breuk


Kom ek verduidelik aan die hand van 2 voorbeelde:

Voorbeeld 1:  3⁄5 + 4⁄5

1. teller + teller: 3 + 4 = 7

2. bepaal die gemeenskaplike noemer: 5

3. skryf die som van die tellers op die gemeenskaplike noemer: 7⁄5

4. Vereenvoudig: 7⁄5 = 1 2⁄5 en dit is die antwoord!

Voorbeeld 2:  5⁄7 + 4⁄7

1. teller + teller: 3 + 4 = 7

2. bepaal die gemeenskaplike noemer: 7

3. skryf die som van die tellers op die gemeenskaplike noemer: 9⁄7

4. Vereenvoudig: 9⁄7 = 1 2⁄7 en dit is die antwoord!

Maar wat as die noemers nie dieselfde getal is nie?

Stap 1: herlei die breuke na gelykwaardige breuke met 'n dieselfde noemer
(dis 'n ekstra stap)

Stap 2: bepaal die som van die tellers
Stap 3: bepaal die gemeenskaplike noemer
Stap 4: skryf die som van die tellers op die gemeenskaplike noemer
Stap 5: vereenvoudig die breuk


Voorbeeld 3:  3⁄4 + 4⁄6

1.  herlei die breuke na gelykwaardige breuke met dieselfde noemer:
 3⁄4 = 9⁄12  en  4⁄6 = 8⁄12

Eintlik is die som dan: 9⁄12 + 8⁄12

2. teller + teller: 9 + 8 = 17

3. bepaal die gemeenskaplike noemer: 12

4. skryf die som van die tellers op die gemeenskaplike noemer: 17⁄12

5. Vereenvoudig: 17⁄12 = 1 5⁄12 en dit is die antwoord! 

 





No comments:

Post a Comment